Malta - Jou beste EU hervestiging- en verblyfsopsie!

As jy op soek is na opsies vir hervestiging of dalk vir die belegging in vaste eiendom in Europa, is Malta beslis die moeite werd om te ondersoek.

Die sonnige eilandnasie van Malta is in die hartjie van die Middellandse See geleë en is propvol van geskiedenis en kultuur en deel van die EU sedert 2004. Oor die jare het baie Suid-Afrikaners die skuif na die eiland gemaak en hulle het nog nooit teruggekyk nie! Met ‘n lewendige ekonomie en die klem op persoonlike veiligheid, is dit ‘n land waar Suid-Afrikaners tuis voel, van die oomblik dat hulle daar aankom.

Frank Salt Eiendomme, ‘n toonaangewende familiebeheerde eiendomsagentskap in Malta, toer volgende week deur Suid-Afrika en bied jou die kans om een ​​van hul gratis verhuisings- en beleggingseminare by te woon. Hierdie sessies van 45 minute sal in Durban (19 April), Johannesburg (20 April) en Kaapstad (25 April) plaasvind. Bywoning is gratis maar mens moet registreer om dit te kan bywoon

Hier is 5 redes wat Malta se lewenskwaliteit die ideale hervestigingsbestemming vir jou en jou gesin maak.

1. EU Verblyfspermit-opsies

Indien ‘n mens vir een van Malta se verblyfprogramme kwalifiseer, sal Suid-Afrikaners die reg hê om onbepaald in Malta te kan woon. ‘n Mens sal ook in Malta kan werk en nie gebonde wees aan ‘n minimum fisiese teenwoordigheid soos gewoonlik nodig is om immigrasiestatus te handhaaf nie. Alle familielede van ‘n aansoeker kom ook in aanmerking. Die verkryging van verblyf in Malta laat grensvrye reis vir alle inwoners toe na die res van Europa binne die Schengen-sone. Met daaglikse en weeklikse vlugte na Suid-Afrika via ‘n aantal Europese vlugaanknopingspunte, is dit ‘n briesie om na Suid-Afrika te reis. Loer na alle opsies vir Malese verblyfspermitprogramme hier.

2. Die Middelpunt van Europa

Die meeste direkte vlug tye na groot sentra in Europa neem slegs 'n paar uur! Byvoorbeeld, Heathrow na Malta vat 3 uur en 10 minute, Berlyn na Malta vat 2 uur en 50 minute en van Amsterdam se Schiphol na Malta vat slegs 3 ure! Vlugte na Suid-Afrika is redelik maklik, met daaglikse verbindingsvlugte deur Dubai, Istanboel of Londen sowel as alle groot Europese hoofstede.

4. Slaap Veilig Snags

In Malta is private sekuriteitsmaatskappye wat woonbuurte patrolleer ongehoord en gewapende reaksie-eenhede is ‘n vreemde konsep. Jy kan steeds rondry met motordeure oopgesluit, jy kan steeds jou skootrekenaar of handsak op die sitplek van jou kar laat lê en jy hoef nooit ‘n “smash-and-grab”-situasie te vrees nie.  Jy kan selfs veilig uitgaan en in die straat afstap lank na sonsondergang in enige van die dorpies. Die naglewe op die eilande is legendaries, selfs in die kleinste ou plekkies. Vir die meeste Suid-Afrikaners mag dit alles na ‘n werlike paradys lyk, maar vra net enige Suid-Afrikaner wat alreeds na Malta verhuis het: dit is een van die grootste en beste redes om ‘n mens se lewe oor te begin, om op te hou om dag en nag oor jou skouer te kyk en weer te begin lewe op hierdie juweel van ‘n eiland.

3. Gesondheidssorg

Dit is ‘n feit van die lewe dat ons, namate ons ouer word, geen ander keuse het as om goeie gesondheidsorg ‘n prioriteit te maak nie. Suid-Afrikaners is reeds gewoond daaraan om groot bedrae vir private gesondheidsorg te betaal om beter vlakke van kwaliteit diens te ervaar, maar dit is baie duur. Gesondheidssorgskemas wat deur die top Suid-Afrikaanse versekeraars aangebied word, kan baie duisende rande per maand kos! Ter vergelyking, gesondheidsorgskemas in Malta word deur al die groot algemene versekeringsmaatskappye aangebied en is baie, baie goedkoper per jaar as in Suid-Afrika. En nog ‘n ding: as jy in Malta werksaam is en bydra tot maatskaplike sekuriteit, sal jy binne redelike perke van gratis gesondheidsorg gebruik kan maak en die pluspunt is dat dit deurgaans eerstewêreldstandaarde is.

5. Werksnemeing en Eekonomiese groei

Malta as ‘n land bied ‘n lae onkoste lewenswyse met ‘n voordelige belastingsbeleid en wanneer dit by uitgawes kom, is die grootste komponent van Malta se BBP plaaslike verbruiking. Dit is ‘n positiewe teken dat jy in Malta waarde vir jou geld kry in vergelyking met van ander Europese lande.  En as jy harde statistieke wil hê, is dit genoeg om te sê dat Malta se BBP in 2021 met 9,4% gegroei het. Die Sentrale Bank van Malta verwag dat dit in 2022 met 6,0% en in 2023 met 5,3% sal groei. Vir Suid-Afrikaners wat besighede in Malta wil begin, beteken die land se geografiese nabyheid aan en diplomatieke bande met die EU en Schengen-sone dat daar eindelose geleenthede is wat lê en wag.

Wil jy meer uitvind?

Frank Salt Eiendomme bied binnekort sy volgende reeks “MOVE TO MALTA – RESIDENCE, PROPERTY INVESTMENT & RELOCATION SEMINARS” vir Suid-Afrikaners aan. Registrasie vir die seminare is gratis, maar die aantal deelnemers wat dit kan bywoon is beperk, so bespreek vandag nog jou sitplek.

 

JOHANNESBURG

19 APRIL 2022 (17:00 uur)
Protea Hotel deur Marriott Johannesburg Wanderers

DURBAN

20 APRIL 2022 (17:00 uur)
Die Oyster Box Hotel 

DURBAN

25 APRIL 2022 (14:00, 17:00)
Die Mount Nelson (‘n Belmond Hotel)

fs logo white gold